Speelhoekie is ‘n klein, Christelike, speelgroepie in Rietvlei View Country Estate (10 minute vanaf Elarduspark en Moreletapark, 15 minute vanaf Mooikloof). Maksimum van 10 kleuters in die klassie.

Kleuters het ‘n ongelooflike potensiaal om te leer en daarom is ons fokus op SPEEL – dis hoe kleuters leer. Ons het verskei leersame aktiwiteite, maar die belangrikste is dat alles pret is.

Speelhoekie Speelgrond

Ouderdomsgroep:
Kleuters vanaf 24 maande tot Graad RR (2 tot 5 jaar)

Dae:
Maandae, Woensdae en Vrydae (in die Gautengse skooltermyn)

Tye:
08:00 tot 12:30

 2013-11-27 08.34.44

Ons wil graag:

  • Meer leer van God en Sy skepping
  • Met maatjies speel en sosialiseer
  • Liedjies, rympies en bewegings leer
  • Mamma ‘n blaaskans gee
  • Respek leer vir mekaar en die mense en dinge om ons
  • Selfvertroue, onafhanklikheid en vertroue leer

In ‘n gelukkige en veilige omgewing speel, verf, teken, sing en lees.

Ons is tans vol vir 2022, maar het 3 plekkies wat oop gaan in 2023.

Registrasies vir 2023 is nou oop.