Adres

511 Sinovich Laan

Rietvlei View Country Estate

(6km uit op die Delmas pad vanaf Piering Straat/De Villebois Straat)

 2013-11-06 09.49.54

Telefoon

084 555 7802

 

E-pos

monia@speelhoekie.co.za

 

Kostes 2023

Die inskrywingsfooi beloop R1100 per kleuter, eenmalige betaling met inskrywing.

Die 2 opsies vir betaling:

  1. R6 100 per kwartaal (4 kwartale per jaar)
  2. R2100 per maand (12 maande per jaar)

Daar is 10% afslag vir 2de kind van dieselfde gesin wat dieselfde tyd by Speelhoekie is.

Die kostes word bereken per kwartaal (omdat daar elke kwartaal min of meer dieselfde hoeveelheid speelgroepie dae is), maar kan ook maandeliks afbetaal word. Dis vooruit betaalbaar, teen die 1ste dag van elk maand, 12 maande van die jaar. Indien ‘n kleuter in die middel van ‘n kwartaal begin of klaar maak, word die maand se koste pro-rata bereken.

Een kalendermaand kennis moet gegee word indien jou kleuter Speelhoekie verlaat. November en Desember kan nie as kennismaande gebruik word nie. Laat weet asseblief teen einde Oktober indien jou kleuter in die nuwe jaar gaan skuif.

 

Registrasie kan slegs gewaarborg word sodra die Inskrywingsvorm en die Inskrywingsfooi ontvang is.