Speelhoekie het in 2007 in Elarduspark geopen en in 2014 na Rietvlei View Country Estate geskuif. Ons doel is om ‘n ontspanne, vriendelike atmosfeer in ‘n veilige omgewing te skep en om die kleuter voor te berei op die meer formele Graad R. Die klassie is vir kleuters vanaf 2 tot 5 jaar oud.

Kleuters leer deur al hulle sintuie te gebruik. Hulle moet toegelaat word om te sien, voel, hoor, ruik en proe. Hier word gefokus op groot en fyn motoriese ontwikkeling. Opvoedkundige speelgoed word voorsien en hulle word speel-speel gestimuleer. Hulle leer die begin van  plak, verf, skeur, krabbel en met klei te speel. Kleuters word aangemoedig om te speel. Hierdie is ‘n belangrike fase in die kleuter se lewe want hier leer hulle sosialiseer, deel en saamspeel.

Ons glo dat ‘n kind baie liefde, persoonlike aandag en ondersteuning nodig het om positief te kan ontwikkel. In die klassie bemagtig ons die kleuters om te ontwikkel tot hul volle potensiaal. Hier word aan al ons kleuters die geleentheid gegee om basiese lewensvaardighede te bekom.