Elke jaar:

  •  Voltooide inskrywingsvormSchool_Bag1
  • Sonhoed (elkeen kry ‘n breëband-sonhoed, met hulle naam op geborduur, in hulle eerste week)
  • Sonbrandroom (dit bly vir die jaar in die klas en gaan Desember huistoe – indien daar nog oor is)
  • A4 “Flip File” met ‘n onlangse foto van die kleuter op die voorblad (neem huistoe en vervang sodra dit vol is)

 

Elke dag:

  • Genoeg doeke/skoon onderklere vir die dag
  • Wet Wipes
  • Kosblik: vrugte, protein, stysel (geen lekkers asb.)
  • Iets om te drink (verdunde vrugtesap/water)
  • ‘n Ekstra stel skoon klere
  • ‘n Trui/Baadjie
  • Dis nie nodig om ‘n lepel/vurkie in te pak nie, ons sal voorsien

 

Merk asseblief alle items duidelik en trek ou klere aan (lekker speel en leer kan baie morsig raak!).

Kleuters moet sover moontlik klere aantrek wat hulle self kan aan en uit trek. Verkieslik skoene met “valcro” en broeke met rekke. Dogtertjies wat rokkies wil dra, moet ‘n kortbroek/”ski-pants” onder aan trek.

 

Kleuters moenie speelgoed of waardevolle items speelgroepie toe bring nie, behalwe as dit ‘n spesiale troos item is.

 

Pak gesonde kos in vir teetyd (alles in 1 kosblik):

  • minstens 1 vrug
  • ‘n porsie proteine
  • ‘n porsie lae GI stysel
  • (vermy versoete joghurt)