Dit is ongelooflik belangrik vir kleuters om soveel as moontlik te speel. Ons gee vir hulle baie tyd vir vryspel asook heelwat aktiwiteite om hulle besig te hou.

Ons het ‘n maandelikse tema en:

  • kleur20150204_084613
  • vorm
  • getal/konsep
  • liedjies
  • rympies

Elke week is daar ‘n nuwe Bybel lessie en ons daaglikse program sluit in:

  • ‘n kuns-aktiwiteit
  • boek lees
  • legkaarte bou
  • klei speel
  • fyn motoriese aktiwiteite
  • groot motoriese aktiwiteite
  • baie tyd vir vryspel

 

 

Elke dag het ons ook ‘n “spesiale” aktiwiteit:2013-11-20 10.59.38

 

Maandae – Oefeninge

Lekker speel met ‘n spesiefieke apparaat/tema. Die fokus is op:

  • Koordinasie
  • Balans
  • Ritme
  • Ouditiewe Persepsie
  • Grootmotoriese Ontwikkeling
  • Pret!

 

 

Woensdae – Musiekprogram:

Ons fokus op:

  • Beweging
  • Taal
  • Geheue
  • Musiek
  • Ritme
  • Gehoor

 

Vrydae – Eksperimente:

 

Om die vreugde op ‘n kleuter se gesig te sien wanneer hulle self ‘n eksperiment doen en “iets laat gebeur” is wonderlik!

Elke Vrydag kry elke kleuter die geleentheid om meer te leer oor dinge in hulle omgewing en hoe dit saam werk. Ons begin om eenvoudige wetenskaplike konsepte aan die kleuters bekend te stel, op ‘n speel-speel manier.

Eksperiment 2

Meeste van hierdie aktiwiteite help ook vir kleuters om hulle fynmotoriese spiere te ontwikkel, te observeer, al hulle sintuie te gebruik en meeste van hierdie aktiwiteite is net VET pret!